Select Page

KOS VIR KONINGS

PRYSE VIR GEWONE MENSE.

Die crispieste chicken, burgers, chips en meer — gemaak vir mense met ’n regte honger vir regte hoender.

ONS LEWER AF.

FANCY, NÊ?

Jou gunsteling hoender in die wêreld. Van ons kombuis tot op jou stoep — net R25 per delivery in Bredasdorp.

LIKE JY ONS?

HOU OP UITMIS.

Specials, skinnernuus en alles wat by King Chicken aangaan — volg ons en bly op hoogte.

MEER OOR ONS

King Chicken is ’n plaaslike Bredasdorp takeaway vir mense wat lekker kos wil hê sonder onnodige fieterjasies. Ons fokus op vars voorbereide kos, vriendelike diens en goeie waarde — die soort ete wat voel soos money well spent.

Ons is nie ’n groot corporate chain nie — en ons wil ook nie een wees nie. King Chicken is plaaslik, persoonlik en eenvoudig: iets warms vir middagete, ’n vinnige takeaway, of ’n treat wanneer jy net lus is vir iets lekker.

NEIL STRAUSS — EIENAAR

Agter King Chicken staan eienaar Neil Strauss. Hy beskryf homself as iemand wat van kleins af “besig en baie besig” was — en daardie energie bring hy vandag steeds na King Chicken.

Wanneer hy nie by King Chicken besig is nie, oefen hy graag, maak hy iets om te eet en geniet hy sport en afstandbeheerd vliegtuie.

En sy eie King Chicken-gunsteling? Die Chicken-Chip Roll.

BESOEK OF BESTEL

Kom maak ’n draai by King Chicken in Plein Street, Bredasdorp, of stuur ons ’n WhatsApp om jou bestelling te plaas.

Ons lewer gedurende gewone besigheidsure in Bredasdorp af teen R25 per aflewering.

WAAR OM ONS TE KRY

Duskant Superspar, Overberg Sentrum
Bredasdorp, 7280

064 942 0350